Hierdie is 'n pragtige tweeslaapkamer grasdakhuis. Die huis is ongeveer 700 m van die Krokodilrivier af geleë waar daar pragtige uitkykpunte is vanwaar jy kan sit en als om jou kan bewonder.

Dit is 'n dubbelverdiepinghuis met 'n grasdak en die grasafdak bied genoeg parkeerplek vir 2 voertuie (wat agter mekaar parkeer word). Op die onderste vloer is daar 'n oopplan kombuis- en leefarea. Een slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n aparte badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n lieflike stoep wat uitkyk op die grasvelde met 'n oulike aghoekige swembad en 'n buite braai-area.

Op die boonste vloer is daar 'n solderkamer met 2 enkelbeddens vir ekstra slaapplek. Daar is ook 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en eie badkamer met 'n bad. Verder is daar ook 'n oordekte balkon op die boonste vloer waar gaste kan uitkyk op die grasvelde. 

Die huis is ten volle gemeubileerd en die kombuis beskik oor 'n stoof, yskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. 

Die huis kan slegs 6 mense akkommodeer. 

Daar is 'n TV en DStv-skottel, maar bring asb. jou eie dekodeerder saam. Bring asb. jou eie handdoeke saam.



Foto Galery
Kruger Kinders van die wind

Die eenheid bestaan uit die volgende:

2 x Slaapkamers

  • Hoof-slaapkamer
    • 1 x Dubbel bed
  • Slaapkamer 2
    • 2 x Enkelbeddens
  • Solderkamer
    • 2 x Enkelbeddens

2 x Badkamers

  • Hoof-badkamer
    • Hoek bad
  • Badkamer 2
    • Stort

Eet-, sit- en leefarea met n oopplan kombuis

Eenheid het sy eie braai area en 8 hoekige swembad

Eenheid het n lugversorger in die leef area.


g2514442-3374.jpg Downstairs bathroom-4932.jpg cats-1887.jpg Mainbathroom-303.jpg Oop Plan leef Area-1511.jpg SplashPool-1243.jpg

g2514442-3374.jpg

Terug Terug na bo