Kruger-sprokie vir 'n Stadskind bied bosveld selfsorg-akkommodasie in Marloth Park Bewaringsgebied, ideaal vir natuurliefhebbers!
Daar is twee huise en een kothuis op die eiendom wat paartjies en gesinne kan huisves. Elke tipe akkommodasie bied 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n ruim leefarea. 'n Braai-area is ook beskikbaar op die perseel en die swembad bied die perfekte plekkie om te ontspan en die uitsig op die bosveld te geniet.
Die eiendom is afgeleë, privaat en 'n lafenis vir voëls en wild. Die Krokodilrivier is net 'n klipgooi weg, dit verseker dat jy 'n hele rits dinge het om te sien en te doen tydens jou verblyf.
Kruger Sprokie vir n Stadskind Paradys
Die eenheid bestaan uit die volgende:
2 x Slaapkamers
- Slaapkamer 1
- 1 x Koningin grote bed
- Slaapkamer 2
- 2 x Enkel beddens
Albei slaapkamers bevat n lugversorger.
2 x En-suite Badkamers elk met n stort.
Leef-, sit- en eetkamer met n oopplan kombuis area.
Die eenheid het sy eie braai area en splashpool.
















Terug | Terug na bo |