Hierdie vakansie huisie, Kruger-sprokie vir 'n Stadskind bied bosveld selfsorg-akkommodasie in Marloth Park Bewaringsgebied, ideaal vir natuurliefhebbers!
Daar is twee huise en een kothuis op die eiendom wat paartjies en gesinne kan huisves. Elke tipe akkommodasie bied 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n ruim leefarea. 'n Braai-area is ook beskikbaar op die perseel en die swembad bied die perfekte plekkie om te ontspan en die uitsig op die bosveld te geniet.
Die eiendom is afgeleë, privaat en 'n lafenis vir voëls en wild. Die Krokodilrivier is net 'n klipgooi weg, dit verseker dat jy 'n hele rits dinge het om te sien en te doen tydens jou verblyf .
Die eenheid bestaan uit die volgende:
1 Oop plan vertrek wat jou leef-, kombuis- en slaaparea is.
Die vertrek bevat:
'n Dubbelbed
Tv met volle DSTV
Kombuis area kompleet met 2plaat oondjie en n mikrogolf
Die badkamer is afgeskort en bevat n stort.
Die eenheid het sy eie braaiarea.






Dubbelbed met 2 gemakstoele om op te sit voor die TV as jy regtig nie kan gaan sonder TV nie.
Terug | Terug na bo |